Wat is ons Taak?

Marius en Amanda is die nasionale direkteurs-egpaar van IKEG (KEB in Nederland). Meer inligting oor die IKEG word later op hierdie bladsy verskaf.

Hulle het die taak om leiding aan die werk van IKEG te gee. Hulle vertel self verder:

“Die geestelike nood is ontsettend groot in Nederland. Die gevare is nie altyd sigbaar nie, maar is daarom baie groter en verleideliker. Humanisme, materialisme, ‘New Age’ filosofieë ens, kom so subtiel op mens af dat baie Christene nie eers besef dat hulle die Bybelse beginsels verlaat het nie. Die kinders en ouers lewe so ver weg van die Bybelse norme en waardes dat wanneer hulle die evangelie en beginsels uit God se Woord hoor, dit vir hulle totaal vreemd en selfs belaglik klink. Hulle sê – dit is onmoontlik om vandag so te lewe. Om as Bybel getroue Christen in Nederland te lewe is ‘n ontsaglike uitdaging. (Dit begin u self ook meer en meer in Suid-Afrika ervaar). Ons ondervind baie aanvalle van die duiwel en veral ook van die sogenaamde Christene wat liberaal geword het in hulle lewensbeskouing. Baie Christene het ‘n groot behoefte na Bybelse beginsels oor Evangelisasiewerk, opvoeding en ander geestelike sake.

Hiervoor glo ons het die Here ons geroep – om die Christene by te staan en om ongelowige kinders en hulle ouers met die evangelie te bereik”.

Werkswyse en Plan

IKEG is die Nederlandse tak van Child Evangelism Fellowship (CEF), of Kinder Evangelisasie Beweging (KEB), wat in meer as 155 lande met 2500 voltydse- en 40,000 deeltydse werkers werk. IKEG werk al meer as 57 jaar in Nederland. IKEG het ‘n geloofsverklaring wat behoudend is en verkondig die evangelie suiwer.

Die doel is om (i) buitekerklike kinders met die evangelie te bereik; (ii) hulle te help en te leer om geestelik te groei; (iii) hulle dan by Bybel getroue kerke in te skakel.

Eerstens stel IKEG homself ten doel om BUITEKERKLIKE KINDERS met die evangelie te bereik deur die volgende werkswyse en aktiwiteite:

  • Goeie Nuus klubs of klubs verbonde aan bestaande gemeentes
  • Ope lug byeenkomste, saamtrekke en skool aksies
  • Kampe
  • Saamtrekke
  • Goeie Bybelgetroue evangelisasiemateriaal te ontwikkel
  • Die ontwikkeling van goeie Bybelgetroue materiaal
  • Opleiding van kinder-evangalisasie werkers en die voorsiening van goeie, Bybel-getroue materiaal en boeke aan hulle evangelisasiewerk onder die kinders.
  • Ook die FAMILIES raak oop vir die evangelie deurdat ons die kinders bereik. Deur ons klubs is selfs Moslem families en kinders van Boeddhistiese gesinne al in aanraking gebring met die evangelie.

Ten tweede wil IKEG Bybelgetroue kerke behulpsaam wees om ongelowige kinders met die evangelie van Jesus Christus te bereik. Dit word gedoen deur :

  • Aanmoediging tot betrokkenheid – die oordra van die visie om na buitekerklike kinders en hul ouers uit te reik en die organisering van nuwe geleenthede vir kinderevangelisasie deur gemeentes
  • Bemoediging en hulpverlening – die aansporing, skoling en toerusting van die kinderevangelisasiewerkers wat reeds in die veld is om hulle roeping Bybelgetrou te vervul.

Laastens, die KEBis ook aktief werksaam in Suid-Afrika en u kan hulle ook vra om u te help in die bereiking van kinders in en buite die gemeente.
Nasionale direkteurs-egpaar: David en Jesse van Heerden (0182930860)