Die Situasie in Nederland

 

     
 
Europa word ook die moeilikste sendingsveld ter węreld - dit is ook waar van Nederland! As die kerk nie ‘n antwoord het vir die post moderne mens in Europa nie, dan lyk die toekoms maar somber vir die węreld, want die hele węreld beweeg in die rigting van die post christelike westerse węreld. Peter Wagner het selfs gesę dat die 10-40 venster vergroot moet word om Europa in te sluit, omdat dit so ‘n groot sendingsveld word. Ten spyte van die feit dat Nederland een van die kleinste lande ter węreld is, is hy 'n węreldleier in nie-Christelike waardes en ‘New Age’ filosofieë. Wat vandag in Nederland besluit word, is oor 10 - 15 jaar węreldwyd aanvaarbaar. U sal merk dat die dinge wat nou die afgelope 10 jaar in Suid-Afrika skeef begin loop het op morele en geestelike terrein al lankal hier ‘n feit is.

Nederland is een van die mees digsbevolkte lande ter węreld en 88% van die bevolking het verstedelik. Al hierdie dinge het 'n geweldige maatskaplike en geestelike invloed op die kinders!

Die kinders aanvaar geen gesag meer nie en die opvoeding van ouers het ver weg beweeg van ‘n Bybels gefundeerde opvoeding. Daar is reeds 70 laerskole in Nederland waar die kinders self beslis wat hulle wil leer en daarom stel hulle self die leerplan saam.

Die samelewing het weg beweeg van ‘n gesagshuishouding na ‘n onderhandelingshuishouding. Die gevolg hiervan is dat die kind wat ouer is as 12 jaar self bepaal wat reg en verkeerd is. Het ‘n kind van hierdie leeftyd die onderskeidingsvermoeë om dit te weet? Ons glo dat die Bybel kinders die regte antwoorde gee vir hulle lewe. Ons glo dat die Woord van God aan die kind in Europa weer hoop, liefde en vrede sal gee.